Friday, 26 July 2013

Baba van der Berg Tafel

Dewald en Karen van der Berg is twee oud-Bloemfonteiners wat verhuis het na Wellington in die Kaap. 
Hulle het onlangs in Bloemfontein kom kuier en haar vriendinne wou graag vir haar 'n ooievaarstee hou vir die mensie in haar pensie. 
Ons het die verversings en dekor gedoen vir hierdie spesiale geleentheid.

Die tema was wolkies en omdat Baba van der Berg se kamer in sagte pastelkleure gedoen gaan word en die tema 'diertjies' is, het ons ons daardeur laat lei. 

Skapie kolwyntjies is gebak en dit het al te fraai op die tafel ingepas. 





Heerlike pastelkleurige macaroons het ook die tafel versier.
Macaroons is altyd 'n treffer. Die kleure komplimenteer so maklik en dit is altyd 'n treffer onder gaste
Botteltjies is met melkies gevul en bypassende papierstrooitjies is gebruik.

Ons het vir die dogtertjie 'n drukbord gemaak en karton in die vorm van die diertjies wat in die kamer gaan wees, gemaak. Gaste het hul seënwense vir die Van der Bergs op die diertjies geskryf en op die bord vasgedruk. 

Karen en Dewald, ons sien baie uit daarna om haar naampie te hoor! Hoop jy het 'n geseënde swangerskap verder. Ons kan sien daai mensie in jou pensie is reeds baie geliefd!

Tuesday, 21 May 2013

Pienk lekkergoedtafel

Hierdie lekkergoedtafel het 'n verskeidenheid van lekkernye gehad, maar een definitiewe tema. Pienk. Die pienk lekkernye op die tafel wat jou kwyle sal laat loop is; macaroons met 'n sjokolade vulsel, springmielieballe, spookasem sopies, vanilla koek met sjokolade vulsel en botterversiersel, pienk en wit malvalekkers en goeie ou rooi koeldrank.










Elke tafel kan volgens sy unieke tema opgemaak word enige kleur en geur.